Die Groot Hoop, Ellen White

Die Groot Hoop, Ellen White

Wanneer rampe, onrus of oorlog skielik ons lewens teister; wanneer ons drome van sukses verpletter word; wanneer siekte en die dood ons gelieftes agtervolg – is daar slegs een ding wat ons ons koppe omhoog laat hou en wat vorentoe wys – hoop. Hoop vir ‘n beter more, vir ‘n blink toekoms; vir ‘n gelukkiger dag. Hoop dat die lewe uit meer bestaan as wat ons nou sien en voel. DGrH 4.1

Hierdie boek is ‘n geskiedenis van hoop. Hoewel dit geskryf is binne die styl en historiese konteks van die 19de eeu, bied dit skerpe insigte vir die 21 ste eeu. Dit is die geskiedenis van ‘n God van liefde, ‘n God wat ingetree het om mense te beskerm en te red, selfs nog voordat hulle bestaan het. Toe lyding en die dood ingetree het in die wêreld, het God nie net eenkant gestaan en die vernietiging bekyk nie. Hy het ‘n plan onthul om mense te red – en die plan is vandag in volle werking

Quantity
    You haven't viewed at any of the products yet.